Home   →   Montagu Business Directory   →   A G S Nuwe Lewe Montagu
GPS coordinates: lat: -33.785091 - lng: 20.122532



A G S Nuwe Lewe Montagu

Address:

Joubert Straat, 6720 Montagu - Langeberg

Telephone:
023 614 2260

Description
Ons glo in `n Almagtige God wat Skepper is van die hemele en die aarde. Ons glo in sy Seun Jesus Christus wat maagdelik verwek is, bedien het op die aarde, gesterf het aan die kruis, opgestaan het uit die dode en opgevaar het na die Hemel waarvandaan Hy weer sal terugkom om sy kerk te kom haal. Ons glo in die Heilige Gees van God deur wie ons gewederbaar is en wat ons toerus met krag en gawes vir dienswerk. Ons glo dat Jesus Christus die prys vir elke mens se sondes betaal het en dat elkeen wat Hom aanvaar en bely as Redder en Here gered word en die ewige lewe ontvang. Verder glo ons ook dat dit die verantwoordelikheid van elke gelowige is om Jesus gewilliglik deur die doopwater te volg. Ons glo dat die Bybel die geïnspireerde en onfeilbare Woord van God is. Ons glo in die Gemeente van die Nuwe Testament waarvan Jesus die grondvester en bouer is.

Keywords
Church Venue, Church Activities, Christian Venue

Other Businesses: